ABSTRACT

Poliginie en MIV/VIGS: 'n Gesondheids-en menseregtebenadering Daar is in empiriese studies uitgewys dat konkurrente seksuele netwerke die koerse van MlV-oordrag betekenisvol verhoog in vergelyking met voortvloeiende monogamie of sporadiese seksuele ontmoetings. Hierdie referaat ondersoek hoe state se regskondonasie van diskriminerende, konkurrente seksuele netwerke van hoe risiko, insluitende poliginie, vroue se menseregte skend en hul seksuele en reproduktiewe gesondheid ondermyn. As gevolg van die geslagsongelykmatigheid daarvan en die verergering van huweliksongelykheid, plaas poliginie vroue voor 'n groter risiko van MlV-infeksie en beperk dit hul vermoe om aan te dring op getrouheid van die lewensmaat, om te onderhandel vir die gebruik van kondome en om hoerisikoverhoudings te laat vaar. Die voortgesette regserkenning van poliginie by die punt van huweliksvorming deur die meerderheid van state in SuiderAfrika, skend vroue se gelykheids-, gesondheids-en waardigheidsregte. Hierdie referaat beklemtoon state se internasionale verpligtinge om op te hou om parallelle regstelsels

* I wish to thank Professor Rebecca Cook of the University of Toronto, Faculty of Law for her very helpful comments on an earlier draft of this paper.